News

Verken Klein Karoo met olifante

Die Hoorn
26 January 2012, 10:01 am
 

HOME   /   VISITOR INFORMATION   /   NEWS   /   Verken Klein Karoo met olifante
© Die Hoorn
Een van die mees uitsonderlike ervarings wat Oudtshoorn bied, is die interaksie met die olifante van die Buffeldrift Game Lodge.

Besoekers kan op 'n olifant-safari op die rug van dié reuse- diere deur die reservaat ry, saam met hulle stap of hulle voer.

Buffelsdrift se drie pragtige Afrika-olifante kom van die Kruger Wildtuin af. Hulle is as jong olifante wees gelaat nadat hul ouers deur stropers doodgemaak is.

Die drie, wat alle take saam as groep verrig, is ware sagmoedige reuse. Met hul lieftallige geaardhede kruip hulle sommer gou in besoekers se harte in.

Die jongste en die onnutsigste een van die drie, is Jabari wie se naam "kragtig" beteken. Die ouer en groter bul is Bolelo wat "dankie" beteken. En dan is daar Malaika, wie se naam "engel" beteken, en wat die twee bulle met 'n ysterhand regeer! Liezl van Niekerk, 'n joernalis by Die Hoorn, sê sy was nie een oomblik bang toe sy onlangs die kans gehad het om op 'n olifant-safari te gaan nie.

"Die olifante is baie rustig en baie goed opgelei. Jy het boonop 'n gids wat saam met jou op die olifant se rug ry asook 'n gids wat saam met die olifante stap." Die olifante stap om die dam en deur die veld en 'n mens kan die wild goed vanaf jou hoë uitkykpunt op hul rûe sien. Volgens Liezl het hulle in die bietjie minder as 'n uur wat die safari geduur het, klomp gemsbokke, swartwildebeeste en springbokke gesien.

"Wat veral lekker daarvan is om 'n gids saam met jou te hê, is dat hy byderhand is en die kennis het om jou vrae te beantwoord."

Diegene wat skrikkerig is om 'n olifantsafari te onderneem, kan vroegoggend of laatmiddag 'n rustige staptog saam met hulle onderneem. Daar is min dinge so lekker as om saam met die grootste soogdier op aarde die Klein Karoo se skoonheid te verken!

Nog 'n gewilde aktiwiteit is om die drie olifante te voer. Die olifantvoerdery was vir haar 'n ongelooflike ervaring, sê Liezl.

"Die sagte manier waarop die olifante, so groot soos hulle is, die kos uit jou hand neem, is iets om te beleef. En daarna het een my 'n drukkie gegee met die slurp en bal gespeel met ons!"

  +27 (0)44 272 0000

  www.buffelsdrift.com New Window Icon
  info@buffelsdrift.com

BOOK
ACCOMMODATION

 
 
Arrive
Nights:


Call us for help: +27 (0)44 279 2532
OUDTSHOORN TOURISM
TOURIST GUIDE
TOP
EVENTS
8 - 11 August 2013
Klein Karoo Klassique

events icon