Home / News /

News


KLEIN KAROO SAKE AFLOS


Posted on: 2017-03-14
Posted by:

KLEIN KAROO SAKE AFLOS 


Die KKAF wil graag u besigheid uitnooi om ‘n vennoot in die projek te word en te help bou aan die uitbou van kulturele warmte in die Oudtshoorn-omgewing deur aktief deel te neem en soveel spanne moontlik in te skryf. Die deelnemers [drawwers of stappers] skep gewoonlik ‘n feestelike atmosfeer en ‘n wonderlike gees heers in Baron van Reedestraat.  In die verlede het besighede sterk teen mekaar gekompeteer maar tog as groot vriende huistoe gekeer. 

 

 

Net ter agtergrond – die KKAF is nie-winsgewende organisasie wat daargestel is om atlete [hoofsaaklik uit benadeelde omstandighede] te ondersteun om hulle sportloopbane te ontwikkel. Daar word ook aandag gegee aan die ontwikkeling van hulle vaardighede en om hulle vir die totale lewenstaak vorentoe te ontwikkel.



Alle deelnemers wat klaarmaak, ontvang ‘n medalje – die wenners in elke kategorie, goues! Daar sal ook heelwat pryse op die spel wees. Dit sal wonderlik wees as u dalk ‘n werknemer kan aanwys om die taak by u besigheid te hanteer.

 

Indien u enige verdere inligting benodig kontak:

Dave van der Walt

Tell no:082-7734901

E-pos: davesus@telkomsa.net